Hello world!

ek is sommer net ek, lank lank gelede voor die grysheid wysheid gebring het, gie-gie…. klink ek nou oud ne!!!! anyway daai tyd julle weet mos toe jy nog gedroom en gedink het jy sal die hele wêreld kan verander en alles draai om jou, nou daai tyd, julle weet, toe het ek gedroom dat as ek eendag groot is, gaan ek die wêreld verower met my pen!!!

soos baie van my ou blogmaters van litnet al tussen die lyne deur agter gekom het, was hierdie ouma bitter arm, en ons was altyd afhanklik van ander se goedheid, maar vir my het dit destyds gevoel soos oorskied………. anyway die lewe was maar stief jong en die paadjie vol dorings en hindernisse, ek was soms so honger dat ek gedink het dit is nou maar die einde, mammie het haar talente gebruik om baba kleertjies, toiletstelle en alherande goed te hekel, en dan moes ek van huis tot huis loop om dit te gaan verkwansel, soms was die mense so ongeskik en het jou laat voel dat jy wou huil van skaamte, en dan was daar weer die baremhartige sameritane wat ietsie gekoop het, seker omdat hulle die moedelose hulpkreet uit my oë kon sien en hoor………

dit het my ongelooflik lank gevat om te besef dat ek ook iemand is, nie niks nie en beslis nie trash nie, want ek het my hemelse Pappa ontmoet, en my hele hart vir Hom gegee, ek het stadig maar seker die moeras agter my gelaat, vergeet van die harde woorde en dade wat mense op my lewenspad gedoen en gesê het en myself opgetel en die lewe reguit in die oë gekyk!!!

ek het tot die slotsom gekom dat jy kan toelaat dat die lewe jou breek, of jy kan lesse daaruit neem en jouself verbeter,wegbreek van die elende en te sorg dat jy jou oë, hande, hart oophou vir die wat ook daardeur moes worstel, gee is een van die wonderlikste dinge wat ek ooit ontdek het, ek het besef dat as ek uitdeel, maak dit my gelukkig en as ek help maak dit my sterker!!!

so toe het ek begin kap en bytel aan myself en tot vandag sê ek dankie vir elke persoon wat my pad kruis, dit maak my sterk, dit anker my wortels en voed my, sodat ek takke en blare kan ontwikkel wat vir ander ‘n skuiling teen die storms is, of ‘n koelte vir iemand wat verbrand is, ek glo met my hele hart dat elke mens die geskenk van God gekry het om te WEES, om keuses te maak, en sodoende jou toekoms te bepaal

so nou het julle dit in ‘n neutedop, ek is ek en ek is mens en ek is ‘n kind van afrika, wat wil, en wat weet ek kan……………………….. gister hoef nie jou lewe te bepaal nie, maar dit kan ‘n goeie bron wees waaruit jy lesse kan leer

 

Advertisements

11 thoughts on “Hello world!

  1. http://blogs.litnet.co.za/

    die oorskuiwing van die litnet blog het toe plaasgevind en funsioneer heel onafhanklik van die res van Wprdpress. Jy kan gerus gaan kyk. Daar is nog baie probleme wat uitgestryk moet word soos bv, sommige funksies wat mens nie weet waar om op te spoor of ander wat nie geimplimenteer is. lyk egter of dit sal voortleef. link vir jou bo aan gesit. Ek glo nie mens kan bestaande WP blog met WP litnet blog kombineer nie.
    as jy nie te lank gelede daar geblog het, sal dit heel moontlik ook oorgedra wees.
    mooi bly 🙂

    • ek sal gaan loer, maar ek dink ek kuier lekker hier op wordpress, en sal kyk hoe dit gaan, maar ek moet se daar is ‘n klomp wat ek graag weer sal wil mee chat en ‘n hele klomp wat ek dink dit is ‘n seen sonder hulle

    • jong ek blog nou al ‘n rukkie hier, maar ek het om die een of ander rede twee tuistes, en ek kry nie die twee dat dit een word nie, kindvanafrika16 is my ander tuiste en ek blog daar, dankie vir die inloer flenters

  2. Eers wil ek reageer op wat jy geskryf het. JA, jy is ‘n mens. Volwaardig. En NIEMAND hoef neer te sien op jou of op enige persoon nie. want wat jy doen doen jy na die beste van jou vermoë. Oor die 2 blogs. Besluit net op 1 en werk dan net op 1, tensy jy altwee wil aan die gang hou?

    • dankie toorts, ja ke werk meer op die een, en so nou en dan sien ek iemand snuffel op die een ook, dan kom antwoord ek maar, wie weet iewers tel ek dalk diamante op, wat ek kan stoor en bewaar………

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s