Archives

‘n lekker uitdaging

The WordPress.com Blog

It’s November 1st, and National Blog Posting Month–NaBloPoMo–is upon us. Time to put your thinking cap on, fire up the computer, chug some extra coffee, and get a-postin’! Bookmark these resources for days when you need a little something extra, and leave a link to your site in the comments so other NaBloPoMo participants on WordPress.com can find you.

On The Daily Post…

A new writing prompt goes up at The Daily Post every weekday at 11AM EST (we also tweet them out on the @freshly_pressed handle). If you need additional inspiration, head over to Plinky.

Weekly writing and photo challenges give you two more opportunities a week to be part of NaBloPoMo and deepen your participation in the WordPress.com community. Browse past challenges for even more ideas.

Take inspiration from fellow bloggers: you can start by taking a look at our Focus On posts, which highlight blogs and…

View original post 183 more words

This entry was posted on November 2, 2012. 11 Comments

Hello world!

ek is sommer net ek, lank lank gelede voor die grysheid wysheid gebring het, gie-gie…. klink ek nou oud ne!!!! anyway daai tyd julle weet mos toe jy nog gedroom en gedink het jy sal die hele wêreld kan verander en alles draai om jou, nou daai tyd, julle weet, toe het ek gedroom dat as ek eendag groot is, gaan ek die wêreld verower met my pen!!!

soos baie van my ou blogmaters van litnet al tussen die lyne deur agter gekom het, was hierdie ouma bitter arm, en ons was altyd afhanklik van ander se goedheid, maar vir my het dit destyds gevoel soos oorskied………. anyway die lewe was maar stief jong en die paadjie vol dorings en hindernisse, ek was soms so honger dat ek gedink het dit is nou maar die einde, mammie het haar talente gebruik om baba kleertjies, toiletstelle en alherande goed te hekel, en dan moes ek van huis tot huis loop om dit te gaan verkwansel, soms was die mense so ongeskik en het jou laat voel dat jy wou huil van skaamte, en dan was daar weer die baremhartige sameritane wat ietsie gekoop het, seker omdat hulle die moedelose hulpkreet uit my oë kon sien en hoor………

dit het my ongelooflik lank gevat om te besef dat ek ook iemand is, nie niks nie en beslis nie trash nie, want ek het my hemelse Pappa ontmoet, en my hele hart vir Hom gegee, ek het stadig maar seker die moeras agter my gelaat, vergeet van die harde woorde en dade wat mense op my lewenspad gedoen en gesê het en myself opgetel en die lewe reguit in die oë gekyk!!!

ek het tot die slotsom gekom dat jy kan toelaat dat die lewe jou breek, of jy kan lesse daaruit neem en jouself verbeter,wegbreek van die elende en te sorg dat jy jou oë, hande, hart oophou vir die wat ook daardeur moes worstel, gee is een van die wonderlikste dinge wat ek ooit ontdek het, ek het besef dat as ek uitdeel, maak dit my gelukkig en as ek help maak dit my sterker!!!

so toe het ek begin kap en bytel aan myself en tot vandag sê ek dankie vir elke persoon wat my pad kruis, dit maak my sterk, dit anker my wortels en voed my, sodat ek takke en blare kan ontwikkel wat vir ander ‘n skuiling teen die storms is, of ‘n koelte vir iemand wat verbrand is, ek glo met my hele hart dat elke mens die geskenk van God gekry het om te WEES, om keuses te maak, en sodoende jou toekoms te bepaal

so nou het julle dit in ‘n neutedop, ek is ek en ek is mens en ek is ‘n kind van afrika, wat wil, en wat weet ek kan……………………….. gister hoef nie jou lewe te bepaal nie, maar dit kan ‘n goeie bron wees waaruit jy lesse kan leer

 

This entry was posted on October 17, 2012. 11 Comments